Korreltjie Sand

Korreltjie sand windverwaaid en vry oor my grond
Korreltjie sand die reën kom was jou en jy spring juigend rond en bont

Jy sit aan my harde stewels vas
Deel van dié aarde is jy, selfs tussen my groewe het jy jou houvas

Maar korreltjie sand die winde het gedraai
Jy klou aan my en koes vir Wagter se stert wat swaai

Die onweerswolke pak saam in ons eenvoudige bestaan
'n Onwelkome gas word op die gastelys vir vanaand bygestaan

Korreltjie ek is moeg en ek is honger
Maar vanaand is onheil beplan vir die sommer

Korreltjie sand jy trek van my weg
Gevee oor die kombuisvloer want vanaand is hierdie huis nie reg

Korreltjie jy is 'n balletjie klei papnat en verander
Jou kleur ruik na rooi spatsels van 'n ander

Jy is nie meer rond maar skeef getrek en gebuig
Jy het bulte en stampe en stukke grondjies weg terwyl ander juig

Korreltjie waar is jy nou in die stilte?
Daar was 'n geroer en rumoer met baie skilde

Ek moes koes deur elke traan om jou te bewaar
Hulle wou jou vat van my, my korreltje gewerk voor so swaar

Die wind kom in en waai jou brose lyfie weg
Korreltjie van hierdie plaas sal jy nooit weer eerste sprietjies veg

Jy is in duisende stukkies buskruit geblaas na niks heel verdwaas
Jy ween en soek jou sandjies op die hoop grond nie ver van hierdie plaas

Blou-Wit

Blou is die blouste nou wat jou hou
Teen my hand vasgepalm in letters aan jou uit my hart vasgevou
Wit die witste toe wat jou vat
Uit my greep wegbreek uit stukke papier en wapperend voor my oë wegspat
Blou is die heerlikste weer van dalk môre
As die letters weer grepe word en die grepe weer woorde word sonder sorge
Wit is die dalkste toegee van die noodlot se rem
Wat jou hand laat stywer druk en die warmste witste kneukels myne beklem

Ek sou BAIE EERDER HIER WOU UITKOM, MAAR MENSE........nee, ek gaan nie hier kla nie, almal kom vir my te positief oor.....Ek is nou hier om te bly en julle posterings slaafs te volg. Dankie vir die wonderlike geleentheid...!

Post has attachment

Ek wonder terwyl ek deur hierdie forum kyk. Het ons nie wonderlike Afrikaanse Skrywers in Suid Afrika nie? Waar is hulle? Hulle het tog almal al seker rekkenaars ontdek? Sal dit nie fantasties wees as, Breyten, Krog, Bakkes, Snyman ens.-ens. Ook op hierdie forum kan wees nie? 

Post has shared content
900 jaar gelede het 'n Chinese Zen meester - Kuòān Shīyuǎn - tien tekeninge gemaak om die pad na Nirvana te illustreer as die soeke vir 'n wilde bul.

Daar bestaan vandag duisende weergawes van die "10 Bulle", deur elke soort kunstenaar uit elke eeu en beskawing, maar die idee is presies dieselfde: briljant eenvoudig sonder dat enige verduideliking nodig is.

Post has attachment
Pragtig geskryf

''So word hierdie verhaal ons almal se verhaal.
Sy neem ons deur ‘n verhaal van eerlikheid en ook erkenning van haar eie boosheid, soos sy daarna verwys. Geen verontskuldiging vir haarself nie. Tog, die verhale van erbarming teenoor die underdog van die lewe, spreek soveel sterker tot ‘n mens. Ons lees van maande, dae en ure se werk aan die navorsing vir Thula-thula. Ses jaar lank. Dan weet mens dat die prysgeld van R30 000 nie daarvoor kon vergoed nie, vir haar kon dit bloot ‘n eerbewys vir haar werk wees. Selfs dit is haar nie gegun nie. Sy vertel ook van anderskleuriges wat empatie met haar gehad het en steeds het. Hulle het verstaan wie sy werklik is.''

Resensie deur:  Lidia Theron op haar blog http://voormyvensterverby.wordpress.com/2013/08/11/swart-op-wit-annelie-botes/

#skrywers   #afrikaans  
Photo

Post has attachment

Post has shared content

Post has attachment
Wait while more posts are being loaded