Profile cover photo
Profile photo
Paulandi - Leeupoort
www.paulandi.co.za - Is jy opsoek na bekostigbare selfsorg akkommodasie in die hartjie van die bosveld?
www.paulandi.co.za - Is jy opsoek na bekostigbare selfsorg akkommodasie in die hartjie van die bosveld?
About
Posts

Post has attachment

Post has attachment

Post has attachment

Post has attachment
* SPESIALE AANBOD - SPAAR R450! *

Bespreek aanlyn om te kwalifiseer vir afslag. Besoek http://www.paulandi.co.za/afrikaans/bespreek, selekteer die beskikbare datums op die kalender en tik koeponnommer 1016 in die veld om die afslag te aktiveer.

Hierdie bosveld vakansiehuis slaap 2 volwassenes en 2 kinders.
Bespreek die huis voor 6 Mei 2016 vir 3 buiteseisoen midweek nagte in 2016 (vanaf Maandag tot Donderdag) en betaal slegs vir 2 nagte + adminfooi.

SPAAR R450!
Totaal vir 3 nagte sou R1600 beloop betaal nou slegs R1150.
* R450 X 2 nagte + 1 gratis nag + R250 adminfooi = R1150 *
* Terme en voorwaardes geld *

Paulandi – Leeupoort kontakbesonderhede:
• Selfoon: 072 739 2678
• Epos: bespreek@paulandi.co.za
• Webblad: http://www.paulandi.co.za
• Facebook: http://www.facebook.com/PaulandiLeeupoort

Terme en voorwaardes:
• Bespreek aanlyn om te kwalifiseer vir die afslag. Besoek http://www.paulandi.co.za/afrikaans/bespreek, selekteer 3 beskikbare buiteseisoen midweek datums en tik koeponnommer 1016 in die veld om die afslag te aktiveer.
• Die spesiale aanbod eindig 6 Mei 2016 om 24:00.
• Hierdie aanbod is sleg van toepassing op buiteseisoen midweek nagte in 2016 (vanaf Maandag tot Donderdag) .
• ‘n 50% Deposito is betaalbaar binne 24 uur nadat die faktuur aan u gestuur is - stuur die bewys van betaling. Indien die deposito nie binne 24 uur betaal word nie, sal die datums weer beskikbaar gestel word aan ander persone.
• Die balans van die faktuur is betaalbaar 14 dae voor aankoms.
• Bespreking is onderhewig aan beskikbaarheid van die vakansiehuis.
• Die vakansiehuis slaap 2 volwassenes en 2 kinders, grootter groepe sal nie aanvaar word nie.
• Paulandi is ’n selfsorg vakansiehuis; geen maaltye is ingesluit nie.

Post has attachment
Paulandi - Leeupoort

Post has attachment
Paulandi - Die Eenheid


Paulandi is geleë in Buffelpaadjie, uitbreiding 5, Leeupoort, sowat 500 m van die natuurreservaat se hoofingang en 400 m van die sonsondergang-uitkykpunt.

 Hierdie selfsorgeenheid met 4 slaapplekke bestaan uit:

1 hoofslaapkamer met dubbelbed en lugversorging.
Volledige badkamer (bad, stort, wasbak en toilet).
Leefarea met twee slaapbanke.
Oopplan-kombuis, ten volle toegerus.
Die eenheid het ’n TV met DSTV-punt – bring jou eie dekodeerder en slimkaart saam.
Eenheid het 'n houtdek wat toeganklik is deur die leefarea of slaapkamer.
Braaigeriewe en boma.
PhotoPhotoPhotoPhotoPhoto
Paulandi - Die eenheid
15 Photos - View album

Post has attachment
Paulandi bied lafenis en rustigheid vir die siel in Bosveldparadys. Dis geleë in malariavrye Leeupoort Vakansiedorp, in die Thabazimbi-distrik, Limpopo, op die R516, sowat 58 km vanaf Thabazimbi en 72 km vanaf Bela-Bela.

Tik "Paulandi" in die Google Maps soekveld om padaanwysings en afstand te vind.

Kaart "Ry-en-stap in Leeupoort" is beskikbaar by die BosPos Info-kantoor en die winkel.
Photo

Post has attachment
Leeupoort is ‘n geproklameerde natuurreservaat, die wild loop in die strate en wei tussen die huise. Hier bestaan ’n besonderse band wat deur die jare tussen mens en dier gesmee is. Daar is heelwat wandelpaadjies wat kronkel deur ’n wye verskeidenheid inheemse bome. 

Besoekers het van 07:00 – 18:00 vry toegang tot die 823 ha natuurreservaat waar hulle kan stap, draf, fietsry of motorry.
PhotoPhotoPhotoPhotoPhoto
Leeupoort - Die dorp
9 Photos - View album

Post has attachment
Leeupoort is die tuiste van 50 soorte soogdiere, 170 soorte voëls en 114 boomspesies. 

Leeupoort is bekend vir sy welige Bosveldplantegroei en bied genoeg weiding vir ’n verskeidenheid wild.

Dit is ’n paradys vir voëlliefhebbers.
PhotoPhotoPhotoPhotoPhoto
Leeupoort - Die wild
12 Photos - View album
Wait while more posts are being loaded