Profile cover photo
Profile photo
Christo du Plessis
10 followers
10 followers
About
Christo's posts

Post has attachment
Loopdop Doep se Nasaat ... (Hoofstuk 16 - SLOT)
Wanneer
Babbels ons kom roep vir ontbyt voel my mond soos kurk en ek is lus om die ete
van die hand te wys. Toe
ons egter aansit en ek die kos ruik, weet ek dat honger is. My
gedagtes loop die draaie wat my sterwensbesoek aan Netta alles meegebring het. My
...

Post has attachment
Loopdop Doep se Nasaat ... (Hoofstuk 15)
Loopdop
Doep se Nasaat ... (Hoofstuk 15) Dis Marda wat
die oomblik van stilte verbreek.           “Dink julle nie dit is tyd om te gaan
slaap nie? Ek is seker ‘n storie wat al my hele lewe lank ‘n geheim was, gaan
nie oornag verander of wegraak nie!” Ek bes...

Post has attachment
Loopdop Doep se Nasaat ... (Hoofstuk 14)
Dis
die stilte wat my terugbring na die hede. Ek kan my ore nie glo nie. Ek maak onmiddellik
‘n gruwelike afleiding. Ek is dus ‘n verkragtingsproduk. Ek
is nie in liefde verwek nie. Met die grootmaakproses wat van my elfde jaar af
liefdeloos was toe Pa soge...

Post has attachment
Loopdop Doep se Nasaat ... (Hoofstuk 13)
Ek kyk van
Duiker na die man wat voor hom staan en terug. Die man wat my pa moet wees. Verskillende
emosies maal deur my. Die woorde vind egter nie hulle pad oor my lippe nie. Duiker is
bleek en daar is ‘n duidelike wit kring om sy mond. Ek kan sien dat hy ...

Post has attachment
Loopdop Doep se Nasaat ... (Hoofstuk 12)
Wanneer
Duiker uiteindelik vir Kleintjie neersit, hou hy hom aan die skouers vas, kyk
af in die klein bruin oë omring deur plooie en voue en sê duidelik aangedaan:           “Klein, ek wil alles hoor. Hoe julle
vermis geraak het, hoe jy oorleef het, waar Lo...

Post has attachment
Loopdop Doep se Nasaat ... (Hoofstuk 11)
Skippie en
Sussa kom ook vinnig nader om die foto te beskou. Skippie se gebruiklike “Not a
fok!” klink hard in stil vertrek. Met ‘n
ongemaklike laggie in haar stem sê Marda:           “Menere julle maak verseker ‘n fout. Dit kan nie
hierdie, eh, eh, Loopdop...

Post has attachment
Loopdop Doep se Nasaat ... (Hoofstuk 10)
Toe
ek vroeg voor die Kraaines stilhou om my passasiers op te laai, het die son nog
nie eens ‘n gedagte om sy gesig vir die dag te wys nie. Sussa
is gewapen met die dagboek en ek dink aan my eie vrag lêers agter in die
bakkie. So asof ons daaroor gepraat he...

Post has attachment
Loopdop Doep se Nasaat ... (Hoofstuk 9)
Ek
hou die man dop en sien dat hy in die restaurant gaan sit. Ek maak al die
papiere op die tafel bymekaar. Maar seker dat dit in die regte lêers is en
verskoon myself terwyl ek vir Sussa sê:           “Sussa jy moet asseblief maar die
dagboek verder lees. ...

Post has attachment
Loopdop Doep se nasaat --- (Hoofstuk 8)
Dit
wat ek in die testament voor my lees, laat dit stil raak diep binne in my. Ma
was ‘n multi-miljoenêr en sy het altyd daarna verwys hoe pa ons op die rand van
bankrotskap gelos het. Ons lewenswyse het egter die teendeel vertel. Ek het
nie geweet wat stud...

Post has attachment
Loopdop Doep se Nasaat ... (Hoofstuk 7)
Skippie en Sussa sit reeds op die Kraaines se
stoep toe ons voor voor die gebou stop. Toe die bakkie doodruk voor die kroeg,
staan Sussa op om vir ons iets te drinke te gaan haal. Ek en Duiker skuif langs mekaar op die witgeverfde
houtbankie, wat aan die ta...
Wait while more posts are being loaded