Profile

Cover photo
Verified name
11,147 followers|649,207 views
AboutPostsPhotosYouTube

Stream

LekkeSlaap

Shared publicly  - 
 
Goeie môre my sonskyn ... Wens jy ook jy was nou daar? Dan kon jy met jou koppie troos op daardie bankie kan sit en na die pragtige uitsig staar. Ferny Farm is in die prentjiemooi Magoebaskloof-vallei en sal jou laat vergeet van werk, roetine en stres. Daar is 2 eenhede, met altesaam plek vir 6. Hier sal die kinders al te lekke baljaar, so, komaan, kliek hier bespreek en siedaar! http://bit.ly/2klYgnj

 ·  Translate
1
Add a comment...

LekkeSlaap

Shared publicly  - 
 
Maak die stad se geraas jou kort na die vakansie reeds mal? Kom ervaar dan asemrowende uitsigte oor die Laeveld en die strelende geluid van 'n waterval ... Mogodi Lodge bied verblyf net 50 m van die Graskopkloofwaterval met 'n restaurant, swembad en hope doendinge vir ieder en elk! Kliek hier vir details, tariewe en om te bespreek: http://bit.ly/2iSalvs
 ·  Translate
1
Add a comment...

LekkeSlaap

Shared publicly  - 
 
Soek jy jou broodjie aan beide kante gebotter? Kom maak dan 'n draai by Botterkloof Resort net 6 km buite Stilbaai! Hierdie driesteroord het troeteldiervriendelike selfsorg- en B&B-plekke, en met 'n swembad, plaasstal, winkels, visvangplek en die pragtige natuur is dié plek altyd lekke! Kliek gerus hier vir meer details en om te bespreek: http://bit.ly/22pG0XF
 ·  Translate
1
Add a comment...

LekkeSlaap

Shared publicly  - 
 
Jy het skaars jou tasse uitgepak en die sand uit jou swembroek gewas, maar jy verlang alreeds terug na die luilekke vakansiedae ... Wel, ons het die antwoord op een van die belangrikste vrae! Wanneer is die beste tyd om jou Desembervakansie te bespreek? Lees hiér en vind uit: 
 ·  Translate
Soos gesien op Maroela Media. Die Desembervakansie is verby, die kinders is terug in hul skoolbanke, en jy skuif alweer agter jou lessenaar in. Min dinge maak mens meer lus vir ’n vakansie as kopseerdae op kantoor. Jy het skaars jou tasse uitgepak en die sand uit jou swembroek gewas, maar jy verlang alreeds na … Continue reading “Wanneer is die beste tyd om jou Desembervakansie te bespreek?”
1
Add a comment...

LekkeSlaap

Shared publicly  - 
 
Ons het iets ongeloofliks om jou te wys. Kyk bietjie na hierdie bosveld-paradys. Mjejane Bush Camp is geleë in die Wildtuin aan die oewer van die Krokodilrivier, en as jy hier wil gaan vertoef, kliek dan doodeenvoudig net gou hier http://bit.ly/29Rv9yK

 ·  Translate
1
Add a comment...

LekkeSlaap

Shared publicly  - 
 
Kamp is koning! As dié stelling jou laat glimlag is hierdie blog net vir jou, want die somer is nog lank, so niks of niemand hoef jou van 'n kampekspedisie te weerhou. Lees ons wenke vir 'n KAMPioenwegbreek en gryp jou tent, jou slaapsak, jou stoel en flits. Want dié oulike blog is jou alles-in-een Kampgids. 
 ·  Translate
Die helfte van die somer lê nog voor, so dis tyd om daai tentpenne af te stof en die natuur in te vaar. Gewone vakansiegangers hoef slegs te dink aan kos en klere, maar ’n kampeerder moet heelwat meer inpak om te verseker dat kamp nie ’n ramp is nie. Wat moet jy alles onthou? … Continue reading “Onthoulysie vir ’n KAMPioenwegbreek …”
1
Add a comment...

LekkeSlaap

Shared publicly  - 
 
Lus om vir 'n naweek te dink jy is Frans, wel, dan is hiérdie nou jou kans: kom kuier vir 'n slag by Petite Provance! Hierdie pragtige B&B is geleë in Ballito en spog met lieflike kamers versier in Franse styl. En, vergéét van jou woefie los by die huis, want indien jy vooraf reël, kan selfs jou troeteldier saam met jou hierheen reis. Kliek hier om meer te sien http://bit.ly/1O2nt8Y

 ·  Translate
1
Add a comment...

LekkeSlaap

Shared publicly  - 
 
Soek jy 'n vakansieplek met gees? Dan moet jy gou bietjie meer oor Cpirit Country Haven lees! Hierdie rustige plaasverblyf is net buite Dullstroom en jy sal vir dae lank oor dié plek se rustigheid dagdroom! Kliek hier vir meer details en om te bespreek: http://bit.ly/2jwBQwB

 ·  Translate
1
Add a comment...

LekkeSlaap

Shared publicly  - 
 
As jy die pad moet vat na die mooie Jakarandastad, dan stel ons voor jy kom slaap by dié luukse huis. Dis ideaal geleë in Woodhill Estate en spog met 'n tuin soortgelyk aan 'n paradys. So, kliek hier en kom kuier gerus, hier sal jy lekke ontspan, dit weet ons gewis! Woodpecker Inn is geleë in Pretoria-Oos.http://bit.ly/28P5xqQ
 ·  Translate
1
Add a comment...

LekkeSlaap

Shared publicly  - 
 
Pak jou tas en los jou bekommernisse by die huis. Dan kom kuier jy in die mooie Karoo, weg van die stad se gedruis. Sweetfontein Boutique Farm Lodge is ideaal, as jy iets nodig het wat jou stresvlakke moet laat daal. Hier tussen Britstown en De Aar, kan jy kom stap, ontspan en herlaai, en saans onder die duisende sterre 'n vleisie sit en braai. Kliek op die skakel vir tariewe, meer foto's en om te bespreek http://bit.ly/2k9g0T1

 ·  Translate
1
Add a comment...

LekkeSlaap

Shared publicly  - 
 
Dink jy nie ook hierdie is 'n skilderagtige plek nie? Sal jy nie ook nou hiér wil sit met jou bene voor jou uitgestrek nie? Wel, as jy hier kliek maak ons daardie droom gou waar. Jip, Loeriebos B&B is net 'n kliek ver, dan is jy daar! Dié pragtige plek is net buite Durban, in Westville geleë. Dis omring deur pragtige bome en jy sal sommer vergeet van die stad en dié se gejaag. Kliek hier om meer details te sien en om te bespreek. http://bit.ly/1MNZMRJ

 ·  Translate
1
Add a comment...

LekkeSlaap

Shared publicly  - 
 
Is jy besig om kantoorkoors te kry? Wel, dan het ons nét die regte kuur: ons stel voor jy pak jou tas en kom kuier bietjie hier! Hierdie uitsig is mos nét die ding om daardie lastige kwaal te fnuik. By Oyster Bay Beach Lodge in Oesterbaai kan jy lekke op die strand stap of in die branders baljaar en duik. As dit nie reeds genoeg is nie het ons nóg goeie nuus vir jou - selfs jou troeteldier is welkom hier! So, kom kuier in die Oos-Kaap, kliek hier om te bespreek! http://bit.ly/2i5pSfr

 ·  Translate
1
Add a comment...
Collections LekkeSlaap is following
View all
Contact Information
Contact info
Phone
0869990018
Email
Address
2 Otto Close, Southern Suburbs, Cape Town, Western Cape, 7945
Story
Tagline
Vir al jou akkommodasie-behoeftes, lekke maklik en lekke vinnig. Met ons kan jy "Lekker Slaap" van die Kalahari tot die Kaap!
Introduction
LekkeSlaap, afgelei van die sêding "Lekker Slaap", is die maklikste manier om akkommodasie in Suid-Afrika te vind en te bespreek. Weg is die dae van alles op die internet in Engels moet doen, want by LekkeSlaap doen ons dit in Afrikaans!

LekkeSlaap.co.za bied duisende akkommodasie opsies reg oor die land, van 'n lodge in die wildtuin tot 'n lekke selfsorg eenheid op die strand.

Besoek ons op LekkeSlaap.co.za en bespreek sommer dadelik jou vakansie akkommodasie - lekke maklik en lekke vinnig.