Profile cover photo
Profile photo
LekkeSlaap
11,169 followers -
Vir al jou akkommodasie-behoeftes, lekke maklik en lekke vinnig. Met ons kan jy "Lekker Slaap" van die Kalahari tot die Kaap!
Vir al jou akkommodasie-behoeftes, lekke maklik en lekke vinnig. Met ons kan jy "Lekker Slaap" van die Kalahari tot die Kaap!

11,169 followers
About
Communities and Collections
View all
Posts

Post has attachment
Doen jou deel vir Moedernatuur en kom kuier vir 'n slag bietjie hier ... Wild Fox Hill Eco Cabin in Hogsback, Oos-Kaap is nét die plek as jy voel die stad se rumoer maak jou gek. Hierdie oulike ekohuisie is ideaal vir jou, jou troeteldier, gesin of meisie. In die somer kan julle in die sonnetjie bak, en daar is 'n lekke kaggel binne vir ingeval die temperature skielik sak. So, kom kuier bietjie hier vir 'n slag, dis ideaal as jy na 'n lekke wegbreek smag. http://bit.ly/2KTcPro
PhotoPhotoPhoto
8/21/18
3 Photos - View album
Add a comment...

Post has attachment
Is 'n 'groen' vakansie op jou reislys? Dan het ons nét die plek om jou te wys! Witklipfontein Lodge in die Vrystaat skakel nie net perfek in by die natuur nie, dit bied ook die ideale toevlug, want daar is geen verkeer of geraas hier nie. Dis op 'n plaas in die Vredefortkoepel geleë en die uitsigte, natuurskoon en rustigheid sal jou hoendervleis gee. Kry jou pelle en bespreek. Hier is plek vir 10 en ons weet dat jy teen dié tyd van die jaar só 'n weg-van-alles-vakansie verdien! http://bit.ly/2BonevE
PhotoPhotoPhotoPhotoPhoto
8/21/18
5 Photos - View album
Add a comment...

Post has attachment
Wanneer laas was jy in die Karoo? Of eintlik Prins Albert spesifiek? Hierdie bekoorlike dorpie is een van daai wat net die regte boksies tiek. En gepraat van bekoorlik, hierdie huisie sal behoorlik jou tone laat krul van lekke - dis knus, gesellig, modern en mooi. Ja, dis een van daai net-reg-plekke! Elfen House & Cottage kan apart of saam bespreek word. Daar is 'n lieflike plonspoel en plek om te braai. Kom nou, kliek op die skakel en kom maak 'n draai! http://bit.ly/2vXZqtF
PhotoPhotoPhotoPhoto
8/21/18
4 Photos - View album
Add a comment...

Post has attachment
As jy gedink het The Shire is net vir 'n Hobbit beskore dan gaan hierdie plek jou 'n ander deuntjie laat sing. O ja, The Shire Eco Lodge in die Wildekus kon netsowel uit J.R.R. Tolkien se boek uitspring! Hierdie pragtige lodge is naby Stutterheim in die Oos-Kaap en is ideaal as julle vir 'n slag in 'n unieke eenheid wil slaap. Hier is talle doen- en siendinge en selfs jou troeteldier kan hier kom rus, So, kliek op die skakel en kom kuier aan die Wildekus! http://bit.ly/1J0FnNq
PhotoPhotoPhotoPhoto
8/21/18
4 Photos - View album
Add a comment...

Post has attachment
Hierdie huis in Simonstad, se uitsigte sal jou asem wegsla't! Dolphin Cottage het plek vir ag', so kry jou pelle bymekaar en kom kuier hier vir 'n slag! Julle kan vanuit elke kamer na die see tuur en ingeval dit koud is, kom nestel om die kaggelvuur. Elke kamer het 'n balkon waar jy al te lekke kan bak in die son. So, kliek op die skakel en kom maak 'n draai in Valsbaai! http://bit.ly/2MyIC5R
PhotoPhotoPhotoPhotoPhoto
8/20/18
5 Photos - View album
Add a comment...

Post has attachment
"Gee my die ou Kalahari, die ou Kalahari bo ... " Voel jy ook so? Dan moet jy 'n slag op Winton Gasteplaas net buite Kathu kom bly, want as die Kalahari jou bekoor, sal dié plek jou hart verbly! Hierdie lekke plaas is ideaal as jy uit die stad wil vlug. Hier is 4 pragtige huisies om van te kies, elkeen perfek vir selfsorg ingerig. Jou troeteldiere kan ook hiér op die plaas kom speel, so, kom nou, kliek op die skakel sodat julle 'n lekke plaaswegbreek kan reël! http://bit.ly/2MWCUrw
PhotoPhotoPhoto
8/20/18
3 Photos - View album
Add a comment...

Post has attachment
Jy sal voel of jy terug in tyd gereis het wanneer jy hier kom bly. Ja, by A Farm Story Country House is pragtige oudhede, antieke skatte, vars lug, natuur en 'n plaas nét wat jy sal kry! Hierdie pragtige ou plaashuis dateer uit die 1800's en sal jou met sy karakter bekoor. Dis op die Stilbaai-afdraai en die prag van die plaas sal met jou hart toor. So, kliek op die skakel as jy smag na 'n plaaswegbreek, dis so maklik soos kliek en bespreek! http://bit.ly/2NM2Tm4
PhotoPhotoPhotoPhotoPhoto
8/20/18
5 Photos - View album
Add a comment...

Post has attachment
Het silo's jou ook as kind bekoor? Wel, wag dan net tot jy hierdie hoor: Jy kan nou in 'n luukse silo slaap! Ja, kyk gou na Simonsberg Silo's in die Wes-Kaap. Hier wag 'n unieke ervaring vir jou ... Dié Silo's is pragtig opgeknap en geleë op 'n wynplaas net buite Stellenbosch. Die ligging, die natuur, die wyn, die vars lug - dit álles dra by om jou van jou stres te verlos! So, kliek op die skakel en verruil jou kamer vir 'n silo! http://bit.ly/2OSBTSE
PhotoPhotoPhotoPhotoPhoto
8/10/18
7 Photos - View album
Add a comment...

Post has attachment
Ly jy aan vakansie-verlies? Wel, dan is dit tyd dat jy die pad na dié plek kies. Ntibane Bushveld Hideaway skuil tussen die heuwels in die Hlomohlomo-area in KwaZulu-Natal. Dis nét die plek om te gaan as jy ten volle munt uit 'n wegbreek wil slaan. Kom kyk uit oor die water, die vlaktes en die natuur, dís mos vakansie-verlies se beste kuur. Jy kan wildkyk, visvang of sit om die vuur. Kom kuier nou, kliek net hier: http://bit.ly/2dgMTpf
PhotoPhotoPhotoPhotoPhoto
8/10/18
5 Photos - View album
Add a comment...

Post has attachment
Maak werk en sperdatums jou klaar? Los dan alles sodat jy na dié plek kan staar ... Droom jy jy is nou daar? Bokgabane Tentkamp lê aan die oewer van die Sterkrivier en as jy lief is vir die natuur, dan stel ons voor jy kom kuier hiér! Die kamp is so 2 uur vanaf Pretoria en word as 'n geheel bespreek. Die kamp het plek vir ag en vars lug, 'n vuur, swembadjie en pragtige wild is wat hiér vir jou wag! So, kliek op die skakel en bespreek nou. Hier wag 'n bosveld-paradys vir jou! http://bit.ly/2vGm1JW
PhotoPhotoPhotoPhoto
8/10/18
4 Photos - View album
Add a comment...
Wait while more posts are being loaded