Profile cover photo
Profile photo
AfriForum
155 followers -
vreedsame naasbestaan met ander gemeenskappe, volhoubaar aan die suidpunt van Afrika kan voortbestaan.
vreedsame naasbestaan met ander gemeenskappe, volhoubaar aan die suidpunt van Afrika kan voortbestaan.

155 followers
About
AfriForum's posts

Post has attachment
Suid-Afrika steier die afgelope jare onder die gevolge van ons swak regering. Beurtkrag het die verval in ons huise ingebring, en is saam met die misdaad buite simbolies van die staat se swak besluite. Hoewel Suid-Afrika nog ver van algehele staatsverval is, het groot dele van die staat al verval: die meeste openbare skole, talle munisipaliteite, baie staatshospitale, verskeie provinsies, honderde polisiestasies, groot dele van staatsdepartemente, terwyl die meeste openbare ondernemings net deur ons belastinghulp en hulle monopolie aan die gang gehou word.

Post has attachment
Tien studente van regoor die land het pas met internskappe by die burgerregte-organisasie begin. Die doel van die opleiding is blootstelling aan die werksaamhede van AfriForum en Afrikanerskap. In die volgende twee weke sal hulle onder meer lesings kry, dorpe besoek waar AfriForum takke het en deel van ingrypaksies en projekte wees. Die idee is ook om te kyk of studente na afloop van die opleiding sal belangstel om deel van AfriForum te word.

Post has attachment
AfriForum is bekommerd oor die vlaag plaasaanvalle en -moorde wat die afgelope week regoor die land voorgekom het en doen opnuut ’n beroep op gemeenskappe om meer te doen om hulself te beveilig.
Sedert Donderdag verlede week is gemeenskappe in Noordwes, die Noord-Kaap, die Vrystaat, KwaZulu-Natal en Mpumalanga geruk deur gewelddadige aanvalle waaroor in die media berig is wat die lewens van drie mense geëis het.

Post has attachment
Die nasionale departement van gesondheid se voorneme om in die toekoms nie Afrikaans as een van sy dominante kommunikasietale te gebruik nie, word wyd veroordeel.
Die departement het sy nuwe taalbeleid pas in die Staatskoerant afgekondig.
Ingevolge dié beleid gaan net Engels, Zoeloe en Sotho die amptelike kommunikasietale wees. Internasionale en intra-regeringskommunikasie op die departement se webblad sal net in Engels wees.

Post has attachment
Skaars ’n jaar nadat Aubrey Baartman, premierskandidaat van die EFF in die Noord-Kaap sy saak teen AfriForum verloor het, moet hy nou R93 895.44 uit sy eie sak aan AfriForum vir regskostes betaal.
Dít volg nadat die Noord-Kaapse hooggeregshof op 23 Mei 2014 in ’n hersieningsaansoek in AfriForum se guns beslis het, om Baartman as munisipale bestuurder van Springbok te verwyder. Baartman moet nou AfriForum se regskostes betaal.

Post has attachment
’n Tussentydse hofbevel is in die Johannesburgse hooggeregshof toegestaan wat Afrikaanse skole voorlopig toelaat om steeds die skool se taal- en toelatingsbeleid toe te pas in die aansoekproses om toelating deur leerlinge.
’n Dringende hofaansoek is deur die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) gebring om dié bevoegdheid van beheerliggame te herbevestig nadat die Gautengse LUR vir ondewys, Panyaza Lesufi, geluide begin maak het dat die departement skole gaan dwing om van enkelmedium na parallelmedium oor te skakel.
Die burgerregte-organisasie AfriForum het die hofsaak ondersteun en finansieel daartoe bygedra.

Post has attachment
Ivan Herselman, AfriForum se hoof van plaaslike regeringsake, sê die gemeenskap het die reg tot voldoende water en die beskerming van hul waardigheid. “Dit is onaanvaarbaar dat 5 skole en ’n kinderhuis nie toegang tot water het nie. Die munisipaliteit moet die saak dringend regstel om kinders se regte en gesondheid te verseker.”
Herselman sê as die watertoevoer nie binne 24 uur herstel is nie, sal AfriForum ’n tussentydse interdik kry om die munisipaliteit te dwing om sy verpligtinge na te kom.
Die Blyvooruitzicht-myn is reeds sowat twee jaar in likwidasie. Dit skuld Eskom etlike miljoene rande terwyl die waterskuld ook bykans R300 miljoen beloop.

Post has attachment
AfriForum het ʼn veldtog geloods teen die ondeurdagte verskuiwing en verwydering van standbeelde op openbare terreine. Dié stap volg in reaksie op die vlaag betogings teen verskeie standbeelde van historiese figure uit alle gemeenskappe regoor Suid-Afrika deur protesteerders met uiteenlopende ideologiese agendas.

Post has attachment
Eers was dit Jan van Riebeeck, toe Cecil John Rhodes en nou word die spreekwoordelike standbeeldkoppe van Jan se vrou, Maria, genl. Louis Botha en genl. Jan Smuts ook geëis.
Die storm rondom sogenaamde “apartheidstandbeelde” het die afgelope tyd in felheid toegeneem nadat ongelukkige studente aan die Universiteit van Kaapstad (UK) die standbeeld van Cecil John Rhodes met riool toegetakel het.
Wait while more posts are being loaded